Jay

Jaco du Plessis of Jay soos hy bekend staan, is 'n Afrikaanse sanger. In 2001 wen hy die ATKV Crescendo-kompetisie saam met Joe Niemand. Die album wat hieruit volg is vir twee GMT-toekennings benoem, waarvan hulle die toekenning vir Beste Pop Album ontvang het. Hy was ook deel van die seun-sanggroep Eden gewees, waarna hy 'n solo sangloopbaan begin het. Sy debuut soloalbum, SOLO, het reeds platinumstatus verbygesteek en is bekroon met twee Huisgenoot Tempo-toekennings: Beste Pop Album en Liedjie van die Jaar vir Melanie asook twee SAMA-nominasies.

Популярные треки